Menita Renison, tans 'n graad nege leerling aan die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet, het die afgelope twee jaar ongewone prestasies gelewer. Menita is 'n kranige rolbalspeler en is een van vele wat aan hierdie groeiende sport onder skoolkinders deelneem. In haar eerste jaar as ingeskrewe lid van die Graaff-Reinet rolbalklub in 2005, het sy al tweede gekom in die klub gekose pare kompetisie. Verlede jaar, as 13-jarige, was sy die jongste dame wat nog ooit met die klub se ope beginner ("novice") enkelspel-titel weggestap het.
Menita het hierdeur gekwalifiseer om aan die O.P "novice" kampioen van kampioene kompetisie in Port Elizabeth te gaan deelneem. Sy was die enigste skolier, wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Menita het vier van haar sewe wedstryde gewen, maar meer nog die respek van gesoute spelers!
'n Groot eer het nou vir Menita te beurt geval deurdat sy gekies is om 24-29 Junie 2007 deel te vorm van die Junior Elite Oefen-kamp wat in Rustenburg gehou word. Slegs 28 junior spelers vanoor die hele land is uitgenooi na hierdie kamp, waarvan slegs 12 dames. Alle kostes word deur Rolbal Suid-Afrika betaal, en Menita sien uit daarna om vir die eerste keer in haar lewe per vliegtuig te reis.
Baie geluk Menita, ons is sommer baie trots op jou!!

No comments:
Post a Comment