Thursday, May 31, 2007

ROLBAL PRESTASIE

Foto: Tinneke Goedhals
Menita Renison, tans 'n graad nege leerling aan die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet, het die afgelope twee jaar ongewone prestasies gelewer. Menita is 'n kranige rolbalspeler en is een van vele wat aan hierdie groeiende sport onder skoolkinders deelneem. In haar eerste jaar as ingeskrewe lid van die Graaff-Reinet rolbalklub in 2005, het sy al tweede gekom in die klub gekose pare kompetisie. Verlede jaar, as 13-jarige, was sy die jongste dame wat nog ooit met die klub se ope beginner ("novice") enkelspel-titel weggestap het.

Menita het hierdeur gekwalifiseer om aan die O.P "novice" kampioen van kampioene kompetisie in Port Elizabeth te gaan deelneem. Sy was die enigste skolier, wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Menita het vier van haar sewe wedstryde gewen, maar meer nog die respek van gesoute spelers!

'n Groot eer het nou vir Menita te beurt geval deurdat sy gekies is om 24-29 Junie 2007 deel te vorm van die Junior Elite Oefen-kamp wat in Rustenburg gehou word. Slegs 28 junior spelers vanoor die hele land is uitgenooi na hierdie kamp, waarvan slegs 12 dames. Alle kostes word deur Rolbal Suid-Afrika betaal, en Menita sien uit daarna om vir die eerste keer in haar lewe per vliegtuig te reis.

Baie geluk Menita, ons is sommer baie trots op jou!!

Monday, May 28, 2007

Karoo Gholf Junior Liga - 26 Mei 2007

Op 26 Mei 2007 gaan neem die HVS Gholfers deel aan die Karoo Gholf Junior Liga te Cradock.
Die leerders wen die kompetisie met 10 punte. Baie geluk!

HVS vs Hangklip


RUGBY


1ste Span - HVS 12 - 12 Hangklip
2de Span - HVS 16 - 03 Hangklip
3de Span - HVS 24 - 12
o/15 - HVS 59 - 07
o/14 - HVS 27 - 14

HOKKIE

1ste Span - HVS 01 - 00 Hangklip
2de Span - HVS 05 - 00 Hangklip
o/16 - HVS 05 - 00 Hangklip

NETBAL

o/16A - HVS 18 - 07 Hangklip
o/16B - HVS 03 - 03Hangklip
o/14B - HVS 19 - 17 Hangklip


Monday, May 21, 2007

GERRIT NEL


Gerrit Nel is tans ‘n Graad 9 leerder aan die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet.

Op 9-jarige ouderdom het Gerrit en ‘n paar maats begin fietsry. Dit het gou duidelik geword dat die spreekwoordelike “gogga hom gebyt het”. Gerrit was van die begin af baie doelgerig en vasbeslote. Hy het sy volle gewig ingegooi en hard begin oefen toe hy besluit het om fietsry sy nommer een sport te maak.

In Oktober 2002 het Gerrit met sy bergfiets aan sy eerste fietsresies deelgeneem. Dit was ‘n 20 km prettrap tydens die Compass 1000-Bergfietsresies op Nieu-Bethesda. ‘n Week later het hy in die 55 km Aberdeen fietsresies gery en sy teenstanders in die seuns 0.15 afdeling uitgestof toe hy die eerste plek onder hul neuse weggeraap het.

In Januarie 2003 het Gerrit sy eerste padfiets gekry. Hy het by die Graaff-Reinet Fietsryklub aangesluit en aan elke moontlike plaaslike fietsresies deelgeneem. Gedurende Februarie het hy die 105 km Burger/Makro-fietstoer in Port Elizabeth gery en is eerste oor die wenstreep in sy 0.12 ouderdomsgroep met ‘n tyd van 03:50:10. Gedurende Maart 2003 het hy ook die Cape Argus (109 km) in Kaapstad gery.

Nou was daar nie meer keer nie! Gerrit het besluit om meer kompeterend in sy ouderdom en vir sy skool te ry. Hy word ‘n gelisensieerde fietsryer by “Cycling South Africa”.

In die Junievakansie 2003 het hy vir OP en Volkskool in die Eric van Enter interprovinsiale skolekompetisie verteenwoordig. By die OP-kampioenskappe is hy tot OP-kampioen gekroon nadat hy die padwedren sowel as die tydtoets vir seuns 0.12 wen. Hy is as tweede seuns 0.12 tydens die SA Padkampioenskaps-resies in Kaapstad geplaas.

Gerrit is vanaf 2004 tot op datum onoorwonne in die jaarlikse John Vieira skole fietsrykompetisie.

In die Cape Argus 2006, die grootste fietswedren in die wêreld, het Gerrit die eerste plek in sy 0.14 ouderdomsgroep behaal met ‘n tyd van 03:01:36. Wat ‘n prestasie!

En toe, die hoogtepunt! Gerrit se droom is bewaarheid! In 2006 is hy as Suid-Afrika se seuns 0.14 padfietskampioen in die padwedren-afdeling tydens die SA kampioenskappe in Port Elizabeth gekroon. Vir hierdie pragprestasie het hy erekleure by sy skool ontvang. Die trofee vir die seun wat die beste prestasie in ‘n sport buite skoolverband lewer, is aan hom toegeken. Graaff-Reinet Fietsryklub het ook die trofee vir “Fietsryer van die Jaar” aan hom toegeken. Gerrit het homself bewys as ‘n belowende fietsryer!

Gedurende Oktober 2006 het hy sy eerste 100 km resies onder 3 ure voltooi. Dit was tydens die OFM Classic in Bloemfontein met ‘n tyd van 02:53. Daarna het hy dit nog elke keer so gedoen!

Weens Gerrit se deursettingsvermoë, liefde vir sy sport, harde werk en die ondersteuning van sy skool, familie en gemeenskap, is hy besig om die suksesleer trap vir trap te klim.

In Januarie 2007 het Gerrit by MTN/Microsoft Club 100 aangesluit en vir hulle begin fietsry.

Gerrit het ook vanjaar sy eerste Argus fietstoer onder 3 ure in ‘n tyd van 02:52:14 gery. Hoeveel seuns van 15 jaar kan sê: “Ek het al vyf keer die Argus gery”?

Alhoewel hy vanjaar in sy eerste jaar 0.16 is, het hy alreeds gedurende April die eerste plekke in beide die pad- en tydtoets tydens die OP kampioenskappe verower. Hy was ook die algehele wenner in die seuns 0.16 kategorie in die John Vieira skolefietsrykompetisie. Wel gedaan, Gerrit!






HVS vs Cillie - 19 Mei 2007




16 Mei 2007

Rugby
o/15 HVS 10 - 05 Marlow
4de HVS 07 - 36 Marlow

19 Mei 2007

Rugby
o/14A HVS 21 - 07 Cillie
o/15A HVS 18 - 00 Cillie
2de HVS 38 - 00 Cillie
1ste HVS 36 - 03 Cillie

Netbal HVS vs Cillie, Gill en Nico Malan
o/14A HVS 12 - 04 Cillie
o/15A HVS 02 - 18 Gill
o/16A HVS 10 - 05 Cillie
o/16A HVS 11 - 06 Gill
o/19B HVS 21 - 04 Cillie
o/19B HVS 12 - 18 Nico Malan
o/19A HVS 19 - 08 Cillie
o/19A HVS 08 - 16 Nico Malan