Wednesday, June 13, 2007

SA Nasionale Fietsrykampioenskappe

Gerrit Nel, Divan en Edrich Rall en Abri Koegelenberg het vanaf 31 Mei 2007 tot 3 Junie 2007 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Fietsrykampioenskappe te Bloemfontein gaan deelneem.

Hierdie leerders is deur OP goedgekeur om aan hierdie kampioenskap te gaan deelneem. Dit is almal hul eerste jaar in die verskeie ouderdomsgroepe en het uitstekend vergelyk met ander deelnemers in hul ouderdomsgroepe.

Hier volg die uitslae!

Seuns 0/16
Gerrit Nel:
Tydtoets (20km): 12de Plek Tyd: 00:30:53.6
Padresies (82km): 17de Plek 02:23:51

Junior Seuns
Divan Rall:
Tydtoets (30km): 13de Plek 00:44:13.8
Padresies (131km): 33ste Plek 03:54:14

Edrich Rall
Tydtoets (30 km): 28ste Plek 00:45:39.5
Padresies (131km): 19de Plek 03:48:09

Abri Koegelenberg
Tydtoets (30km): 44ste Plek 00:48:02.8

Hou hierdie leerders dop!!!

Monday, June 11, 2007

HVS vs Pearson

Die naweek was 'n sportfees! Baie dankie aan al die getroue HVS ondersteuners.
Hier volg die uitslae!

RUGBY

Span HVS Pearson
1ste Span 10 18
2de Span 33 05
3de Span 10 27
o/15 46 07
o/14 0 17

HOKKIE

Span HVS Pearson
1ste Span 2 1
2de Span 0 1
o/16A 3 1
o/16B 1 3

NETBAL

Span HVS Pearson
1ste Span 41 12
o/19B 21 13
o/16A 22 16
o/16B 03 02
o/14A 11 11

Tuesday, June 5, 2007

HVS vs BURGERSDORP 2 Junie 2007

As gevolg van onvoorsiene omstandighede by Burgersdorp is die sport vir die naweek afgestel. Daarom geen uitslae! Hou webblad dop vir Pearston uitslae van die naweek!

HOKKIE & NETBAL NUUSFLITS!!!

Christel Slabbert en Cornell Botha is gekies vir die o/16 OP Hokkiespanne. Baie geluk!






Alodine Isbell en Lee-Ann Reid is opgeneem in onderskeidelik die o/15 en o/17 OP Netbalspanne. Baie geluk en sterkte met die toernooie wat voorlê.






















4 Junie 2007

OP Tennis NUUSFLITS!

Freda Brumm, is ingesluit in die Junior OP Tennisspan om aan die volgende kompetisie deel te neem.
2007 JUNIOR TENNIS TEAM COMPETITION: DISPATCH CUP TROPHY

EP VS BORDER - 9 JUNE 2007

Baie geluk Freda, ons is sommer baie trots op jou!